Ek is die mamma van twee biologiese dogters, drie aangenome dogters en twee aangenome seuns. Ek is ook ‘n ouma van een kleinseun en twee kleindogters, en ek het twee skoonseuns.
Ek het my oudste twee kinders tuis geskool toe tuisonderwys in Suid-Afrika skaars wettig was en tans doen my jongste vyf tuisonderrig.
In totaal het ek 16 jaar tuisskool ondervinding.
Een van my dogters het gesukkel met lees. Ek het ‘n Engelse kursus gebruik om haar te leer Engels lees en die metode was baie suksesvol. Ek het ook gedurende daardie tyd klas gegee by ‘n ACE-skool, waar dieselfde metode gebruik is met uiterste sukses.
Tot my spyt kon ek nie ‘n Afrikaanse leeskursus kry wat hierdie metode gevolg het nie. Dus het ek ‘n Afrikaanse leeskursus geskryf om my eie dogter te leer lees en het dit buitengewoon suksesvol gevind.
Nadat ander tuisskool mammas my genader het om hulp, het ek hierdie kursus herskryf en stel ek dit nou beskikbaar.